Die Stal

Hierdie besonderse wooneenheid getuig van ouwêreldse luuksheid, gekombineerd met eenvoud, rus en stilte. Die eens nederige stal vir muile en perde op die historiese poskoets roete, is meesterlik omskep in ʼn ruim gesofistikeerde twee-slaapkamer eenheid met slaapplek vir tot ses / agt mense. Die twee slaapkamers het elk 'n super koning-grootte-bed afgewerk met duursame linne, asook sit areas en en-suite badkamers. Die een kamer / badkamer is rolstoel vriendelik, terwyl die ander kamer / badkamer toegerus is met ʼn heerlike ou gietyster hout stofie en enamel bad.

Die baie ruim gemaklike leefarea is die ideale spasie om kwaliteit tyd saam deur te bring en wonderlike herinneringe te skep. In die middel van die leefarea is ʼn vuurherd met gemaklike leunstoele en 'n ruim biblioteek-boekrak, wat dit die ideale plek maak om te ontspan en rus. Die antieke agt sitplek geel/stinkhout eetkamertafel, sal beslis 'n vreugdevolle geleentheid van enige ete maak. Die groot plaas kombuis is volledig toegerus met luukse, moderne toebehore, en lei na die beskutte binnehof met 'n groot braai, 'n antieke koolstoof en 'n luukse warmbad [hot tub].

Die dekor in die Stal behels noukeurig uitgesoekte antieke stukke en persiese matte, wat jou sal terugneem na ʼn era van fortuinsoekers op pad die rykdom van goud en diamantmyne in die noorde van die land.

Omring deur die skouspelagtige uitsigte oor die Groot Karoo, sal Die Stal jou hart boei en jou met 'n hernieude gevoel van ontsag laat.

Die eenheid is ook volledig toegerus met lugversorgers, en is nie afhanklik van die Eskom krag netwerk nie (son energie stelsel).