Die Skooltjie

Die Skooltjie is 'n bekoorlike, luukse eenslaapkamer kothuis en bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders. Die slaapkamer het 'n super koning-grootte-bed afgewerk met duursame linne. In die sitkamer is ʼn dubbel dagbed vir die kinders, met ʼn gietyster stofie vir die koue winteraande. Die volledig toegeruste badkamer het ʼn heerlike groot stort.

Die oopplan-kombuis is keurig toegerus met besonderse antieke meubels, 'n Dover houtstoof, yskas, gasstoof, mikrogolfoond en basiese kookgerei. Op die private agterstoep is daar 'n braai-area met 'n lieflike uitsig oor die Karoo, en ʼn plonspoel [splashpool] vir afkoel tydens die warm somerdae. Die eenheid is ook toegerus met ʼn lugversorger, en is nie afhanklik van die Eskom krag netwerk nie (son energie stelsel).