• Aktiwiteite
    Aktiwiteite

Aktiwiteite

Voëlkyk

Vroegoggend en aand is die plaaswerf ʼn gekwetter van honderde voëls wat by die ou plaasdam versamel. Met die sowat 83 spesies voëls alreeds waargeneem, is Steynskraal een van die min erkende eBird voëlkyk ‘hotspots’ in die Groot Karoo.

Die lys sluit in die Namakwa langstertjie (Namaqua Warbler), Karoo-langbek-lewerik (Karoo Long-billed Lark), Ludwig-pou (Ludwig's Bustard), en Dubbelband-drawwertjie (Double-banded Courser).

Stap en Fietsry

'n Unieke wandelpad! Kom stap saam, ontdek en ontspan in die asemrowende natuurskoon van die Karoo. Ons wandelpad bied ‘n gemaklike roete deur die koppies, Gamka-rivierloop en vlakte en is geskik vir almal - van beginners tot gesoute stappers.

Terwyl jy stap, kyk uit vir die pragtige sonsopkoms en -ondergang oor die berge, beleef die ongelooflike natuurskoon van die Karoo se verskeidenheid plante en diere, en geniet die rustige, afgeleë atmosfeer.

Dit is die perfekte manier om weg te breek van die warboel van die stadslewe. Kom stap saam, haal weer ‘n bietjie asem en teug weer die vars lug van die Karoo in.