Reviews

Steyskraal is soos ʼn oase in die Karoo!

Beautiful in Beaufort-West het nie gejok nie. Steyskraal is soos ʼn oase in die Karoo! Indien jy ooit jouself in die Beaufort-West omgewing bevind en ʼn slaapplek soek, is hierdie die plek vir jou. Van vriendelike aankoms, beautiful verblyf en selfs 'n kindervriendelike plaasatmosfeer, mooi beskryf dit nie. Onthou ook om jou bestelling in te sit vir hulle lekkerste hoender sosaties vir jou braai. Boonop is ons bederf met ʼn heerlike varsgebakte brood. Julle het ons verwagtinge oortref en ons sal julle vir seker weer sien! Baie dankie Steyskraal vir die wonderlike verblyf by die skooltjie!

Comien de Kock

Pretoria

Saligheid tesame met rustigheid

Saligheid tesame met rustigheid. Steynskraal Gasteplaas het ons verwelkom met 'n varsgebakte brood op die kombuistafel, saam met heerlike konfyt en plaasbotter - absolute bederf. Die huisie is van gehalte en vang verseker my oog. Dit was lekker om vanuit die stad daar te kon tuisgaan met die plaasgeluide, vars lug en sterre wat jou toevou gedurende die nag.

Ilouise Beukes

Pretoria

Lieflik, lieflik, lieflik!

Lieflik, lieflik, lieflik!
Wat 'n wonderlike en spesiale ervaring! Skoon, rustig en salig vir die siel. Julle sien ons beslis weer!

Michelle Viljoen

Kaapstad

My droom vakansiehuis.

My droom vakansiehuis.
Alles van die plaas het gelyk soos iets uit my droom vakansiehuis. Alles was mooi skoon en goeie kwaliteit. Die eienaars was baie vriendelik en behulpsaam, ons het baie welkom gevoel! Die plaas is mooi, stil en definitief lekker vir iemand van die stad af wie 'n bietjie kalm in hulle lewe nodig het. Ek was eintlik lus om net daar te bly!

Elloise Retief

Karoo quality gem

Karoo quality gem - Farm life; luxury stay + High-end modern amenities (kitchen, aircon), quality cleaning products, and toweling. Authentic traditional pieces of farm furniture; functional and attractive. Personal interactions - delivery of fresh farm bread; owner who is easily available and passionate about the property. Seeing well-cared for, loved animals.

Melanie Jessops

Cape Town

Buitengewoon

Buitengewoon + Zonder twijfel het beste hotel waar ik de afgelopen jaren heb overnacht. Splinternieuw, oog voor details. Alles aanwezig.

- Wij waren op doorreis. Volwassenen kunnen er prima meerdere dagen verblijven en tot rust komen. Kinderen daarentegen gaan zich wellicht snel vervelen.

Paul van den Voort

Nederland

Pragtig en uitstekende diens.

Laetitia, Jos saam met Gerrit en Nadja was uitstekende gashere. Ons is baie bederf. Sal ons vir seker weer sien.

Christa V

Was soos 'n oasis langs die pad!

Die Skooltjie is topklas verblyf. Dit is 'n pragtige en veilige omgewing. Alles is daar wat 'n mens nodig kan hê. Heerlike beddegoed, heerlike braai geriewe, heerlike plaas atmosfeer. Iets om na uit te sien op die lang pad Kaap toe!

Chris B

Goeie gehalte en diens.

Gawe ontvangs en baie gasvry.

Ruan V

Fantasties

Die blyplek was keurig en skoon en netjies. Die gasvrou en haar gesin het ons hartlik ontvang. Die omgewing dra by tot 'n wonderlike atmosfeer.

Bee M