• Ouwêreldse luuksheid in die land van weerbegin
    Ouwêreldse luuksheid in die land van weerbegin
In die hart van die Groot Karoo is daar ʼn oase van rus en stilte, wat reeds vir honderde jare ʼn uitspanplek bied aan moeë reisigers en voetseer trekdiere.

Kom saal af op Steynskraal, en ervaar ons unieke ouwêreldse luuksheid en gasvryheid. Geleë sowat 23km buite Beaufort Wes (rigting Kaapstad) en slegs 4km van die N1 af (en onafhanklik van die Eskom krag netwerk), bied Steynskraal Gasteplaas ʼn keuse van luukse selfsorg eenhede vir die kieskeurige reisiger.

Wat ons gaste sê

  • Steyskraal is soos ʼn oase in die Karoo!

    Beautiful in Beaufort-West het nie gejok nie. Steyskraal is soos ʼn oase in die Karoo! Indien jy ooit jouself in die Beaufort-West omgewing bevind en ʼn slaapplek soek, is hierdie die plek vir jou. Van vriendelike aankoms, beautiful verblyf en selfs 'n kindervriendelike plaasatmosfeer, mooi beskryf dit nie. Onthou ook om jou bestelling in te sit vir hulle lekkerste hoender sosaties vir jou braai. Boonop is ons bederf met... Read this review

    Comien de Kock

    Pretoria

  • Saligheid tesame met rustigheid

    Saligheid tesame met rustigheid. Steynskraal Gasteplaas het ons verwelkom met 'n varsgebakte brood op die kombuistafel, saam met heerlike konfyt en plaasbotter - absolute bederf. Die huisie is van gehalte en vang verseker my oog. Dit was lekker om vanuit die stad daar te kon tuisgaan met die plaasgeluide, vars lug en sterre wat jou toevou gedurende die nag.

    Ilouise Beukes

    Pretoria

  • Lieflik, lieflik, lieflik!

    Lieflik, lieflik, lieflik! Wat 'n wonderlike en spesiale ervaring! Skoon, rustig en salig vir die siel. Julle sien ons beslis weer!

    Michelle Viljoen

    Kaapstad

  • My droom vakansiehuis.

    My droom vakansiehuis. Alles van die plaas het gelyk soos iets uit my droom vakansiehuis. Alles was mooi skoon en goeie kwaliteit. Die eienaars was baie vriendelik en behulpsaam, ons het baie welkom gevoel! Die plaas is mooi, stil en definitief lekker vir iemand van die stad af wie 'n bietjie kalm in hulle lewe nodig het. Ek was eintlik lus om net daar te bly!

    Elloise Retief

Maak 'n bespreking